Tuesday, June 23, 2009

Dieprivier (A16)

Name: Dieprivier

Plumstead & Dieprivier. Plumstead and Timour Hall are central Cape Peninsula Suburbs bordering Constantia, Wynberg and Bergvliet

Google count: 11,100 for Dieprivier
Date:23/06/09

Historic fact:

Other interesting info:

Where to stay:

Titel: Dieprivier
Deur: grevilman
Weergawe: 1
Druk hierdie gedig
( n Herskrywe van "n Naweek in 1974")

Maartmaand, negentien vier en sewentig.
Devon Valley se tortelduiwe
het bankvas tussen ligbruin dennetolle gesit
en die middag laat verstik aan koer.
.
Die wynlandgoed het lui-tradisies
in slampamper oorgedra
na waar ek naam in hotelregister skryf.
.
Daardie aand in die eetsaal was net twee tafels
enkel, tussen al die paartjies
en ʼn fooi in gewillige bakhand gestop,
het die nodige gedoen.

Boomwortelbruin was haar oë,
diep geleen uit grond en stam
met hortjies wat toeslaan as ek naderkom.

Haar engels,
beige en effe nasaal
het ʼn Seepunt kugel nagepraat.

Die aand het flink verloop
tot ek jonkbrutaal en vol pretensie
Eugène Marais se Dieprivier aanhaal.

Haar blinknat trane oor 'son'bruin wange
en woorde: "Hoe het jy geweet?", in Afrikaans,
het ek jare later eers verstaan.

www.woes.co.za/gedigte/vertoon/36530_Dieprivier.htm

No comments:

Train