Monday, June 14, 2010

Valsbaai (A17)

Name:Valsbaai

Valsbaai (Engels: False Bay) is 'n baai met 'n lengte van sowat 48 kilometer naby Kaapstad, met Kaappunt en die Kaapse Skiereiland aan die westelike kant en die Hottentots-Holland-berge aan die oostekant.

Onder die vroeƫ Portugese seevaarders het Valsbaai as Golfo Dentro das Sierras of "Baai tussen die Berge" bekend gestaan. Baie skepe, wat van die Verre Ooste terugkeer, het die Kaap Hangklip aan die oostelike kant van die baai as Kaappunt aangesien en vaar dus die "vals baai" in. Gevolglik kry Kaap Hangklip vinnig die Portugese naam Cabo Falso ("Vals Kaap").

Danksy die Agulhasstroom, wat hier vloei, het die water in die baai 'n matige temperatuur. Talle vissersdorpies en vakansieoorde het langs die kuslyn van Valsbaai ontwikkel, waaronder Vishoek, Muizenberg, Strand en Gordonsbaai. Simonstad is die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Vloot.

Google count:Date:Historic fact:Other interesting info:Where to stay:
Google count:Date:Historic fact:Other interesting info:Where to stay:

No comments:

Train