Saturday, March 27, 2010

Sannaspos (E 12)

Name: Sannaspos

http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=13808



Ek het gehoor dat u my of altans ons kan help.
Die ou stassie gebou op Sannaspos is besig om ten gronde te gaan. Daar is geen hulp van die regering of die vroue museum van bloemfontein om ons te help met restourasie werk. Ons het n klein komitee gestig, om darem die ou plek oop te hou. Ons wil weet of daar nie dalk iemand is wat kan help met n paar blikke verf of iets net om die ou gebou te red wat daar te redder is nie. Ons probeer maar om soveel as moontlik mense betrokke te kry by die gebou, sou as daar enige iets is, wat u ons mee kan help, sal dit hoog op prys gestel word
dankie
die vriende van sannaspos
Google count:
Date:

Historic fact:
1900
Oorwinning by Sannaspos

Na die verowering van Bloemfontein het lord Roberts ‘n Britse mag onder bevel van genl.. R.G. Broadwood in die rigting van Thaba Nchu gestuur. Omdat hierdie kolonne die gevaar geloop het om afgesny te word, het Broadwood besluit om na Bloemfontein terug te keer. Intussen het genl. C.R. de Wet met minder as 400 burgers tussen Broadwood en Bloemfontein in die Koringspruit posisie ingeneem, terwyl die res van sy burgers Broadwood se kolonne met kanonvuur sou bestook om hulle in die rigting van Koringspruit te dryf. De Wet se plan het geslaag. Daar is op een na die ander van die vyand se waens beslag gelĂȘ; 200 voetsoldate is gevang, en ook die bemanning van ‘n battery van vyf kanonne. Uiteindelik het die res an die Britse kolonne onraad bemerk en was die burgers genoodsaak om te begin skiet. Intussen het die res van De Wet se mag ook op die toneel verskyn. Die geveg wat daarop gevolg het, was ‘n gevoelige nederlaag vir Broadwood, want hy het omtrent ‘n derde van sy mag van 1 800 man verloor. As gevolg van sy deursig en aanleg vir verrassings-aanvalle het genl. De Wet vir Broadwood op meesterlike wyse uitoorlĂȘ.
Other interesting info:

Where to stay:

No comments:

Train