Sunday, August 15, 2010

Witpilaar (A 15)

Name: Witpilaar

Die Burger 9 februarie 1989

Agterstevoor treine op Vredenburg
Vredenburg/Saldanha-skou DIE Suid-Afrikaanse Vervoerdienste met sy vyf besigheidseenhede, naamlik hawens, spoor, lugdiens, pypleidings en padvervoer, raak elke dag die lewe van elke inwoner van die land. Daarom is dit ook gepas dat die Vervoerdienste op die Weskusskou teenwoordig sal wees. Hulle het buiten hul gebruiklike stalletjie in die skousaal, ook vanjaar 'n buite-uitstalling. Dit het onder meer die Vervoerdienste se jongste spoorpatrolleervoertuig, en die sogenaamde Wreckmaster stootskraper. Die spoorpatrollievoertuig is eintlik 'n padvoertuig wat omskep is om soos 'n trein op 'n spoor te loop. Dit is een van 'n nuwe reeks van ses en is deur die Vervoerdienste se eie ingenieurs ontwerp. Wanneer die ses voertuie teen einde Febraurie in gebruik geneem word, sal hulle tot sesduisend kilometer 'n maand aflê.

AGTERSTEVOOR Die spoorweë is van meet af 'n bekende instelling op Vredenburg en Saldanha met die spoorlyn vanaf Kalbaskraal, by Malmesbury, wat tot op Saldanha verleng is. 'n Snaaksigheid wat tot vandag toe nog bestaan, is dat 'n trein glad nie met sy lokomotief voor by Vredenburg kan inkom nie. Die trein moet eers verbygaan na Witpilaar, 'n sylyn net buite Louwville aan die Saldanha-kant. Die lokomotiewe word afgehaak, dan aan die agterkant van die trein gekoppel, en so kom die trein dan agterstevoor die stasie van Vredenburg binne.

VOORDELE Die treine van vroeër het passasiers en vrag vervoer. Maar dit het later verander sodat passasiers tot vandag die busdiens gebruik. Die koms van die Sishen-Saldanha spoorlyn het nuwe horisonne oopgemaak. Die redelik onontwikkelde Noordwes-Kaap, Boesmanland, Namakwaland en die suidelike dele van die Weskus beskik nou oor 'n hoogs gesofistikeerde en geëlektrifiseerde spoorlyn danksy 'n ontwikkelende infrastruktuur. Die Sishen-Saldanha spoorlyn het reeds sy alternatiewe voordele aan Suid-Afrika bewys toe dringende treinvragte tydens verlede jaar se vloede oor die spoor vervoer is. Hierdie hawe en spoorlyn is die grondslag waarop Saldanha en Vredenburg in 'n groter mate die Noordwes-Kaap se invoer- en uitvoerpoort tot die wêreld kan word.




Google count:Date:Historic fact:Other interesting info:Where to stay:

No comments:

Train