Thursday, April 15, 2010

Thomas Rivier (G 14)

Name: Thomas Rivier

Thomas River Concervancy, Eastern Cape South Africa - Accommodation in farmstays B&B
Google count:
Date:

Historic fact:

Other interesting info:

Source: http://www.weg.co.za/files/pdf/Old_Thomas_rivier.pdf

1. Gaan soek rotskuns
Die Rotskunssentrum word bestuur deur
Victor Biggs. Sy metodes is miskien effens
onkonvensioneel (Victor gebruik waterstokke
om nuwe rotskuns te soek), en sy vertolkings
kan ’n paar wenkbroue laat lig, maar ’n uur
in sy geselskap is heerlik. Die binnekant van
die sentrum lyk nes ’n grot en Victor het ’n
paar kunswerke op die mure nagemaak wat
hy gebruik om die geskiedenis en geestelike
betekenis van rotskuns verduidelik. Jy kan
ook saam met Victor na regte rotskuns in die
Thomasrivierstreek gaan kyk.
Koste: ’n Donasie (jy besluit hoeveel) gee
jou toegang tot die sentrum.
’n Rotskunsuitstappie kos R50 per persoon
of ’n minimumtarief van R250
Kontak: 045 843 1369
2. Vang ’n forel
As jy van kunsvlieghengel hou, koop ’n permit
by die Ramble-restaurant en ry na die
Reigatedam op die Amatola-platorand. Maar
selfs al vang jy nie vis nie, gaan loer steeds. Op
’n mooi dag kan jy die suidelike Drakensberg
sien. Volg die sirkelroete uit die dorp na enige
kant toe. Wanneer dit lyk of jy nie nog nader
aan die berge kan kom nie, wees op die uitkyk
vir ’n afdraaibordjie. Ry deur die plaashek tot
bo. Ry liewer met ’n bakkie wat redelik hoog
van die grond af staan, want dis rof en steil.
Koste: R75 per dag vir forelhengel; R30 per
dag vir baarshengel
Kontak: John Potter 082 575 4923
3. Ry met ’n bergfiets na
die Keivallei
As jy met die N6 in die rigting van Stutterheim
ry, sien jy ná omtrent 2 km ’n bord wat links
wys na die Henderson-plaasdistrik. Dié
grondpad vat jou na ’n aansluiting met die
pad na Bacela, nog ’n vervalle nedersettinkie.
Hier begin die pret. Parkeer jou ryding by dié
aansluiting en klim op jou fiets. Die pad na
Bacela (25 km), al langs die Thomasrivier, loop
uiteindelik dood by ’n pragtige uitsig oor die
samevloeiing van die Thomas- en die Keirivier.
Die natuurskoon is iets besonders. Jy is in ’n
diep kloof vol doringbome, waar bobbejane
van die kranse af vir jou blaf. Besluit hoe ver jy
wil ry: die volle 50 km soontoe en terug, of net
halfpad. Die pad is plek-plek losgespoel, maar
dis nie te uitputtend nie.
Kontak: John Potter 082 575 4923
4. Bekyk die spoorwegbouvalle
Net meer as ’n kilometer wes van die
dorpie, reg langs die polisiekantoor sien jy
die klipbasis van die ou watertoring waar
stoomlokomotiewe vir water gestop het.
Aan die voet van die koppie kan jy die hoë
klippilare sien wat eens die treinbrug oor die
rivier gedra het. Die interessantste bouval is ’n
ou opsigterskothuis op ’n koppie langs die N6,
omtrent 5 km van die Ou Thomasrivier-afdraai
af in Cathcart se rigting. Die storie loop dat
die spook van die opsigter – Jono Trowbridge,
wie se graf langs die kothuis lê – langs die pad
rondhang en werk aanbied vir mense wat op
’n donker nag verbystap. Dis nogal moeilik om
die plek te kry. Gesels eerder met John Potter,
die Thomasrivier-bewaringsbestuurder.
Kontak: 082 575 4923
5. Kom smul op ’n Sondag
Op die eerste Sondag van elke maand is daar
’n buffetvoorsnytafel by die Ramble-restaurant.
Bespreek betyds, want dis ’n gunsteling
onder dagbesoekers van Oos-Londen. Kry
jou sit in die son en lê weg aan ’n bakkie
botterskorsiesop en oondgebraaide bees- en
varkvleis, aartappels soos net jou ouma dit
kon maak, allerlei slaaie en sponspoeding met
room. Moenie bekommerd wees as jy dalk in
die middel van die maand hier aanland nie; jy
kan ook heerlike à la carte-geregte bestel. Die
restaurant is oop vir aandete van Woensdae tot
Saterdae, en Sondae vir middagete.
Koste: R65 per persoon vir die buffet
Kontak: 045 843 1504
Doendinge op en om Thomasrivier Deur Jon Minster
4. Spoorwegbouvalle 3. Keivallei
1. Rotskuns
5. Ramble-restaurant
2. Vang 'n forel
4. Spoorwegbouvalle
Ou Thomas-rivier
2000m
Ca t h c a r t
N6
Ou Thomas-rivier
g r ui s
Toise
Granta
Thomasrivier
gr u is
Dohne
gru

Where to stay:

No comments:

Train